In 2000 het die Herholdt-broers begin om bemestingstowwe (kunsmis) van hoogstaande gehalte by hul fabriek in Philadelphia in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika te vervaardig. Die produkreeks, wat oorpspronklik onder 'n ander handelsnaam vervaardig is, het goed gevestig en gewild geraak regoor Suid-Afrika. Die reeks het homself suksesvol bewys in alle landbousektore, insluitend wingerd-, koring-, vrugte- en groenteboerdery. Oorspronklik was die fokus op organiese en semi-organiese produkte, wat vandag nog vervaardig word. Wateroplosbare voorafmengsels is onlangs weens 'n behoefte in die mark by die reeks gevoeg.

Atlantic Fertilisers word nasionaal erken vir die hoë standaard van sy produkte sowel as sy unieke raadgewende dienste. Laasgnoemde behels GPS-gekoppelde grondmonsters deur toegewyde landboukonsultante, laboratoriumontleding, terugvoering, leiding en opvolgaksies.

Vandag word Atlantic Fertilisers hoog aangeslaan as verskaffer van voorste hoëgehalte bemestingstowwe (kunsmis).