
Fish hydrolysate in vineyards: A sustainable boost for soil and vines:
September 22, 2025Voeding wat wingerde by Robertson laat presteer:
Atlantic Fertilisers se geïntegreerde benadering tot wingerdvoeding help produsente om grondgesondheid te verbeter en topgehalte oeste te lewer.
Om vroeg soggens deur die wingerde te beweeg met asemrowende natuurskoon, berge, ’n rivier wat deur die vallei kronkel, en die vars plattelandse lug van Robertson in die Wes-Kaap is ’n voorreg waarna baie streef. Verskeie groot name in die Suid-Afrikaanse wynbedryf het jare gelede in die vallei begin met die vestiging en ontwikkeling van wingerde in ’n besondere streek.
Vandag word wyne van uitmuntende gehalte daar gemaak. Wyne van die streek palm gereeld gesogte toekennings in op plaaslike en internasionale verhoë.
Met ’n verskeidenheid produkte en diepgaande kennis van klimaat, terroir en kultivars volg Atlantic Fertilisers ’n unieke benadering tot wingerdvoeding. Hierdie benadering help om grondvrugbaarheid met verloop van tyd te verbeter en stel wingerde in staat om hul volle potensiaal te bereik.
Die reis begin by grondvoorbereiding, waar die interpretasie van grondontledings, die verbetering van grondvrugbaarheid en die vestiging van wingerde die eerste belangrike stappe is. In die eerste jaar is die doel om wingerdstokke tot op die kordon te bring en ’n sterk wortelstelsel te ontwikkel. Dit word bereik deur die insluiting van gekomposteerde, verpilde misprodukte, asook biostimulante soos aminosure en kelp. Hierdie praktyke bevorder voeding, verhoog mikrobiese aktiwiteit in die grond en stimuleer wortelontwikkeling.
Dit verseker verder dat voedingstowwe – sowel dié wat natuurlik in die terroir voorkom, as dié wat deur bemestingsprogramme asook jongstokkieprogramme aangevul word – optimaal deur die wingerde benut kan word.
Deurlopende waarneming saam met ’n verteenwoordiger speel ’n belangrike rol, sodat voeding en bestuur betyds aangepas kan word. Klimaatstoestande, soos wisselende temperature en reënval, asook groeikragtigheid gedurende die groeiseisoen, kan veranderinge aan die oorspronklike plan noodsaak. Die vorige seisoen se groeitoestande, reeds vanaf Oktober, beïnvloed ook die sukses van die daaropvolgende oes. Dit beklemtoon die belangrikheid van tydige snoei-, besproeiings- en voedingspraktyke.
Atlantic Fertilisers se wateroplosbare mengsels bied praktiese oplossings om die oes optimaal te ondersteun – van die wingerd tot in die kelder. Die stadium vanaf vrugset tot deurslaan vereis ’n ervare hand om te verseker dat die potensiële oes se gehalte, ten opsigte van suikers en sure, sowel as die wingerdstok se energievlakke, op standaard is.
Gedurende hierdie kritiek belangrike tyd, veral met hoë temperature van middel November tot Februarie, speel besproeiingskedulering ’n deurslaggewende rol. Dit is noodsaaklik vir onder meer die doeltreffende opname van voedingstowwe. Sukses is dus ’n spanpoging tussen die produsent, sy span, ander belanghebbendes en Atlantic Fertilisers.
Met oestyd heers daar ’n tasbare energie op die plaas – ’n besige tyd waarin die vrug van harde werk, toewyding en genade in mandjies versamel word. Daarna volg die voorbereiding om ’n stukkie van Robertson se natuurskoon en unieke karakter op tafels regoor die wêreld te plaas.
Ná die oes word wingerde verder versorg met na-oes bemesting sodat hulle, ná ’n welverdiende rusperiode, met voldoende energie die nuwe seisoen kan aanpak.
Beywer jou reeds vandag om die sukses van jou boerdery te verseker. Ervaring en produkte vir elke faset van plantvoeding is die kenmerke van die vennoot wat jy soek. Kontak gerus jou naaste verteenwoordiger en begin ’n vennootskap wat groei meetbaar maak.
Gesondheid! Op groei wat jy kan meet!
Geniet hierdie twee video’s waar Atlantic Fertilisers diep spore trap!
NAVRAE: 021 972 1013; e-pos: info@atlanticfertilisers.co.za; web: www.atlanticfertilisers.co.za

